Wat is die implikasies vir die posisie van die Khoi as mense gaan
deelneem aan hierdie proses wat in werklikheid geen respek toon aan
die Khoi nie? Met implikasies bedoel ek die REALPOLITIK wat deur die
ANC en DA teenoor die Khoi bedryf word.
Dink net aan die volgende voorbeeld om op 'n praktiese vlak die
situasie te verstaan. Sal die ANC of die DA in Kwazulu-Natal so iets
doen sonder om eers met die Zoeloe koning te gaan konsulteer bloot oor
net die voorgestelde idee, voor daar tot 'n volgende fase oorgegaan
word?
Ek het ook 'n groot probleem met die koppel van Khoi identiteit aan
die naam van 'n persoon wat die Khoi vyandiggesind was, wat tot in sy
dood bereid was om die pion te wees van Stalinistiese Joodse
Kommuniste aan die een kant, en die sogenaamde kapitalistiese Weste
aan die ander kant.
'n Baie beter respons sal wees as Khoi aktiviste hulle eie
onafhanklike streekskaarte begin maak wat die Khoi geskiedenis en
kultuur uitbeeld, en waarin die Khoi gepaste erkenning gee aan eie
huidige en historiese persoonlikhede en gebeurtenisse.